Pachinko

In my vorige post het ek iets gemis. My Japannese broertjie, hy is gebore voordat ons as “family” Japan toe gegaan het.My Japannese Stiefpa is ‘n elektroniese ingenieur van beroep en het gereeld Japan verlaat vir besigheid. So het ek maar gehelp om vir boetie en sus groot te maak.   

Dit was nie altyd maklik nie omdat Sei-ichi (boetie) glad nie ‘n maklike baba was nie. Ek moes hom soms vir ure in sy waentjie rond stoot net om hom rustig te hou terwyl my ma in die huis gewerk het.    Soos wat dit maar is, het ek en sus gereeld mekaar se hare uitgetrek. Behalwe dit, het ek haar ook saam geneem as ek op my “cruises” gegaan het.   

Die sneeu was ook net die eerste winter snaaks, want jy sien en doen so baie in een winter, en soos dit maar vir enige kind is, die “novelty” het gou ge-“wear”   

Daar is soveel om te doen, jy doen nie een ding te lank of te veel nie. Maar ek het Pachinko ontdek saam met my stiefoupa se broer se seun. Ka-tjan was ‘n paar jaar ouer as ek en hy kon wettig pachinko speel. Die toelaatbaare ouderdom was 18. Maar ek (gaidjin) – buitelander, het myself dom gehou en in gegaan en net gespeel. As enige gesagspersoon my kom aanspreek het of vrae gevra het oor my ouderdom, het ek bloot gemaak asof ek nie hulle taal verstaan nie en net aanhou speel.   

Pachinko is ‘n tipe dobbelspel. Jy koop ysterballetjies by die toonbank en die masjien skiet die balletjies op (die masjien staan regop) en dan is daar gaatjies met ‘n klein plastiek (ronde) stukkie wat dien as ‘n, sê maar stoppertjie. Jou balletjie gaan dan daar in en afhangende van hoeveel die gaatjies met syfers gemerk is, wen jy dan daardie hoeveelheid balletjies.   

Die knop wat jy met jou hand kan draai bepaal dan outomaties hoe hard die balletjies geskiet word, en so bepaal jy dan self die balletjies se rigting, so val hulle in die stopper gaatjies, en so wen jy meer en meer balletjies.   

Daar is metaalbakkies waar in jy jou balletjies gooi, soos wat jy dit wen. En het ek myself nou geniet! Verder kan jy die balletjies by die toonbank ingee en jy kon enige iets in ruil kry, van kos tot klere tot speelgoed, vir die waarde van die hoeveelheid balletjies wat jy gewen het.   

Ek het soms met sakke vol kos en klere by die huis aangekom. My ma was natuurlik nie altyd beindruk met die tye wat ek bloot net weggeraak het nie. Als was net te oorweldegind. Die computer game centres is so groot soos winkelsentrums, daar het ek soms dae lank gesit en games speel.   

Maar ek het darem skool toe ook gegaan en baseball ook gespeel. Baseball is GROOT in Japan, net soos in die States. Ek het vir my skool se B span gespeel.   

Dit was natuurlik ‘n moerse uitdaaging, omdat ek net so goed soos hulle wou wees. Boy oh boy, en daar kom toer toe ‘n span van Korea in Japan. En wat gebeur? Ek word gekies om teen hulle te speel omdat ek goed kon kolf. Ek het wel vlot Japannees gepraat en sushi geëet, maar ek was nog altyd my Suid-Afrika ouma se goudkoppie.   

En het nie vir veel teruggestaan nie. Die Koreaanse span se bouler was nogal ‘n groot seun en ek kon sien hoe sukkel my maats om sy balle te slaan en te hardloop na eerste of 2de “base”, wat nog te praat van ‘n “home run”. Toe kom my beurt om te kolf.   

Ek en Ka-chan (stiefnefie), het ook gereeld in die nette teen masjiene gekolf. So, ek het nie geskrik vir grootseun nie, inteendeel, ek het die bal toe oë so hard gemoker, dat die ou wat die verste agter staan moes ver hardloop om die bal te kry. Dit was natuurlik ‘n home-run!   

En so het ek baie dinge beleef in die 3 en ‘n half jaar wat ek in Japan gebly het. Ek het soms vir maande nie eens aan my eie mense gedink nie. Soos wat volwassenes al om die ander dag hul eie besluite maak, het my ma op ‘n dag besluit dis nie haar land nie en een dag, toe ek by die huis kom, word daar vir my gesê ons gaan terug SA toe. Dit was soos ‘n messteek in my hart.    

Ek bemeester Japannees in ‘n rekordtyd, ek het baie vriende, ek jakker die hele Japan vol omdat ek mal is oor die goed georganiseerde publieke vervoerstelsel. Die moltreine wat vir ure onder die grond ry, die Shinkansen wat teen ‘n spoed van 200km + na verskeie bestemmings gaan. Die Sneeu in die winter, die skoon land, die tegnologie wat jare voor ons is.   

En nie die minste, die miljoene mense wat in ‘n klein spasie bly, sonder om mekaar te vertrap en die een die ander niks gun nie, sjoe, en so kan ek aangaan tot vervelens toe.    

Maar volgende keer vertel ek julle eerder van die keer toe ek en ‘n Japannese mafialid se seun op die ambassade se muur gaan graffiti spuitverf het en hoe amper hulle my toe uit die land uitgesit het!

7 Responses

  1. Ek kan nie wag vir volgende keer nie!

    Laat dit sommer vandag wees, asb!

  2. ‘n Baie interessante blog! ;-)

  3. Jy’t ‘n interessante lewensverhaal. Sien uit daarna om meer te hoor!

  4. En … ek wag in spanning vir jou volgende episode!!!

    I like… nog steeds!!!

    Mwah!!!

  5. Platt, Jy sal maar geduldig moet wees, ek is baie lui vir skryf, en behalwe dit, word my oe baie gou moeg. Ek verkies die vlermuis metode: bly eerder in die donker. Die mense in my huis baklei gereeld omdat ek so in die donker lewe, en gereeld loop en ligte af sit. Ek belowe om gou weer te verder te vertel van my oosterse lewe.

  6. Nice blog, Basil. Ek lees lekker!

  7. Sonstudio, ek is bly jy hou die verhaal!

Leave a Reply