Nou klink ek seker soos ’n agter os, maar ek moet sê, die hele BLOGGER storie is nogal “interesting”. Ek het al ‘n hele paar stories (comments) raak gelees, en weereens moet ek erken, mense en hul ”dinge” interesseer my baie. Ek lees hier en ek lees daar, en in elke stukkie sien ek hoeveel verskillende individue, of sal ek dit “karakters” noem, is ons eintlik.
Behalwe dat ons verskillende individue is, is ons ook natuurlik in verskillende beroepe, en so het ons elkeen ons opinie oor dinge van die lewe natuurlik, bv. * – geloof – * – politieke uitkyk – *
* – seksualiteit – * * - smaak – * * – styl- * * – geleerdheid – *, en so kan ek aangaan.
Ek het onlangs ‘n post gelees, en vreemd om te sien dat mense nog altyd hulle eie stempel wil af forseer i.v.m seks voor die huwelik. Ai tog mense, ons leef lankal nie meer in daardie ou konserwatiewe era nie.
En nou sê ek definitief nie dat jou kinders, of jy self, toe oë ‘n seksuele verhouding moet aanknoop nie. Want ons het tog waardes, of hoe? Om ‘n baie lang storie kort te maak, soos wie en wat ek is natuurlik, wil ek sê dat indien jy kies om volgens die Bybel te lewe, dan moet jy Sy Woord in alle aspekte van die lewe toepas.
Jy kan nie net Sondae in die kerk sit en as Sondag verby is, of soms nog voor dit verby is, vergeet dat jy self gekies het om volgens die Woord te lewe nie. Ek is lang jare op hierdie aarde, en glo my, ek het al te veel dinge aanskou van die mensdom, om sommer na enige ou se weergawe van die Woord te luister, “sorry” indien ek nou op tone trap, maar dit is hoe dit is.
Ek wil eerder net onthou wat Ouma my van Liewe Jesus geleer het – “My kind, dra vir Liewe Jesus in jou hart en loop die ou reguit spoortjies in die lewe”. Ek stel regtig nie belang om, soos ek reeds gesê het, na elke tweede ou se ontleding van vedraaide woorde te luister nie. Elke tweede man wil jou kom vertel van, daardie boek en daardie vers sê dit en dit. Jammer, maar die regte manier is om die Woord van God in sy geheel te vat en na die beste van jou vermoë daarvolgens te lewe.
Ek sê ook nie dat ek die Woord so goed ken nie, maar ek gaan definitief nie toelaat dat enige iemand my ‘n rat voor die oë draai wat die eintlike boodskap van God se Woord is nie. Ek verwys natuurlik na niemand met hierdie skrywe nie. Ek stel slegs my opinie.
God se woord dra eintlik net een ding oor, en dit is om gevul te wees met die Heilige Gees, en te glo dat God almagtig is. En dat God jou sal red, al het jy die geloof van ‘n mosterdsaadjie!!
Filed under: Diep dink



Goeie inskrywing – ek stem!
Dankie boer, dat “JY” stem!
ek hou baie van die nuwe layout
Dankie Johan. Ek het gedink om nog ‘n stukkie van Basil hier te openbaar. Ek is baie lief vir my “DONKERKOP”, maar is ook baie lief vir die see, en toe ek dit sien het ek besluit om dit te gebruik vir nou!
Oor DIE ene:
*sug* jaaaaa, swaer….
in stilte sal ding saam met jou op ‘n stoep kan sit en besin oor DIE bedryf wat jy nou hier uitgepak het en net so nou en dan sug, smile, kop skud en ding sal herhaal: jaaaaa, swaer sodat jy kan herhaal: “Met eish ja!”
By gebrek daaraan, berus ding met Moedertjie se wyse woorde van ouds: “My kind, elke mens raak op sy eie wysheid salig.”.
Dink diep, wag wakker, skiet sekuur!
d
Ja… so waar!
Sien, (my mening) die wisselwerking tussen mense/persoonlikhede, hoe kompleks ookal,
laat eensydigheid soos mis voor die son verdwyn!