Ek, Spraypaint en die Japanese Ambassade!

Hierdie vervolg op my Jappy stories. Ek en die klein Jappy Mafia het altyd saam gaan Pachinko speel. Hy was ‘n klein wetter. Altyd regte Mafia klere gedra ook, so jonk soos wat hy was. Die Jap Mafia ouens dra net swart hemde, ‘n swart broek met ‘n dun rooi strepie aan die kant van die been [...]