Hierdie vervolg op my Jappy stories. Ek en die klein Jappy Mafia het altyd saam gaan Pachinko speel. Hy was ‘n klein wetter. Altyd regte Mafia klere gedra ook, so jonk soos wat hy was. Die Jap Mafia ouens dra net swart hemde, ‘n swart broek met ‘n dun rooi strepie aan die kant van die been en blink swart skoene.
Een aand het ons op ons fietse rondgery na ‘n pachinko sessie. Wel, ek was op my eie fiets wat my Ma vir my gekoop het by die local fiets handelaar. Een ding is een ding, die ‘crime rate’ is belaglik laag in Japan. Mense los hulle fietse by die trein stasies sommer so los in die fietsloods.
Die meeste middelklas Jappies het nie motors nie, want dit is maar net beter om van die publieke transport gebruik te maak. Het jy al gesien hoe lyk dit in spitstyd in Tokyo? Nee, toemaar jy wil dit nie sien of beleef nie, dit is chaos. Indien jou voete moeg gestaan is in die trein huistoe, hoef jy net stil te staan as jy by die stasie gebou wil uit.
Daar is so ‘n magdom mense wat wil op of af met die trappe, jy kan maar net staan, want jy word automaties vorentoe gestoot. Ek het dit natuurlik moerse nice gevind. Anyway, dan gryp elkeen sy fiets en dan is dit huis toe.
So, klein wetter soos wat die klein Jappy was, wonder ek vandag nog waar hy daai fancy bike gekry het, noudat ek so daaraan dink. Ons het die spesifieke aand nog by McDonalds burgers geëet en toe vaar ons die strate in. Hy het vir my fiets op die kante van die trappe sulke ysterplaatjies opgesit en terwyl jy ry, dan swaai jy die fiets sover as wat jy kan na die kante toe, dan sleep die plaatjies mos nou op die pad en dit ’spark’ natuurlik.
Cool cool cool natuurlik!!! Iewers het die Jappy ‘n blik swart spray gekry of gegaps en van alle plekke besluit hy dat die Ambassade se muur die ideale plek is vir graffiti!!! Dit is dan so ‘n lekker LANG WIT MUUR! O demmit! Ek het natuurlik besef, hier kom ………
Hierdie storie het in die tweede jaar gebeur wat ons daar gebly het, so ek kon al baie lees en skryf. Hy, wat die Jappy is, het Mafia name geskryf. Teen die tyd het ek die spulletjie begin geniet, want dit lyk dan so cool! Soos wat die duiwel maar is, besluit hierdie half Japanese Suid-Afrikaanse seun, die lekker Afrikaanse P&*$ woord sal mos baie aandag trek en het toe die blik spray byderhand.
Die P woord is “MANKO” in Japanees en met die skrywe in Japanees is dit net drie letters. Ons raak toe nou verveeld met die spray eskapades en maak dat ons daar weg kom. In die volgende nou straat wat ons toe nou inry met ons wintie fietse, is daar twee polisiemanne wat op voetpatrollie is.
Hulle het ons twee een kyk gegee en ons net daar en dan nader geroep. Die Jappies skryf hulle naam en adres op die agterste modderskerm van hulle fietse, indien dit verlore raak, dat die polisie hulle kan opspoor. Die Mafia boy het seker die naam verkeerd gelees en hulle vra hom eers wie hy is. Hy gee toe ‘n naam en die ander ou lees toe met sy flits die naam op die fiets en daar begin my probleme.
Hulle vat ons toe na die stasie om ons rekord te kry op hulle sisteem en ook om te kyk of ek ‘n verblyf permit het om in Japan te wees. Hulle sisteem is natuurlik baie gevorderd en net my naam was genoeg om vir hulle al my detail te gee. Ook die persoon se naam wat aan my verbonde is natuurlik. En dit was my stiefpa.
Teen dié tyd het hulle die Mafia seun in ‘n kantoor in waar ek hom nie kon sien nie, maar ek het wel gehoor hoe skreeu hulle op hom. Ai tog, min weet ek dat hy ’n ou bekende by die polisiestasie is, omdat hulle sy mafia klerekode ken. Hulle het hom gereeld voorgekeer om te kyk op die sisteem of die polisie hom nie dalk soek vir een of ander Mafia verwante saak nie.
Daar is natuurlik die Mafia’s wat nie met die polisie bots nie, want hulle kan nie bekostig om in die oë te kom nie. Anyway, hulle skakel toe my ouers en vertel hulle van die petalje teen die Ambassade se muur, want hulle kry toe mos nou die amper leë blik spray in die Mafia seun se baadjie sak. Hoe dom kan ‘n ou nou eintlik wees?
Gou het die Ambassade se sekuriteit die polisie in kennis gestel dat hulle twee seuns, onder andere was daar ‘n blonde seun by, op die kamera gesien het. En dat hulle amper die hele een kant van die Ambassade se muur vervuil het met swart grafitti spray.
Ja, ek HET gebewe, want ek het so ‘n gevoel gehad dat hierdie saak nie ‘n klein sakie is nie, want misdaad “is just not on” in Japan. My ouers het toe daar aangekom en my net een kyk gegee. Dit was genoeg om te weet dat ek nou in helse *** is!!! Hulle het lank met die polisie gepraat in ‘n kantoor waar ek niks kon hoor nie.
Om ‘n lang storie kort te maak, hulle het dit in ‘n baie ernstige lig gesien. So ernstig dat hulle vir my en my Ma, met kleinsus en kleinboet, uit Japan wou deporteer. Dit het baie mooipraat gekos van stiefpappie se kant af om hulle sover te kry om ons nie te deporteer nie. My stiefpa moes natuurlik betaal om die muur oor te verf en daar gaan my sakgeld vir die volgende paar maande. Wat natuurlik my verdiende loon was. Ek sal nooit weer in my lewe na ‘n blik swart spray kan kyk, sonder om te onthou hoe daardie skoon wit muur gelyk het nie!!!!!!!!!!!
Filed under: Japan



hehehe, dis omtrent ‘n storie wat min ander mense kan vertel.
Lekker gesmile nou!
Het iemand toe die p**& woord
ontsyfer/verstaan??
Ek verstaan dat die graffiti in die Daspoort-tonnel Pta, enige geharde matroos laat bloos!!
Is jou ma ook nou terug in SA??
Hehe!!!! En nog steeds ‘like’ ek……. So van ‘boeke skryf’ gepraat… ek weet van nog een wat moet begin skryf!!!
(((huggles)))
Wanneer kom hier ‘n nuwe posting??
Ek geniet jou blog regtig!
Stout gat!