Somer en Son!

Ek lees gereeld gedigte van C. Louis Leipoldt  wat ek nooit met iemand deel nie ….. maar hierdie ene deel ek graag!

Die Beste

(soos dit verskyn het in die tydskrif
Die Brandwag van 15 Januarie 1915)

Geil lusern in die laagste landjie,
Geil groen blare en blomme blou,
Alwyn rooi op die voorste randjie,
Rooi soos bloed teen die rotse grou;
Somer en son en safier daarbowe,
Ruik van die keurbos rondgesprei,
Kort klein skad’wees oor die klowe;
Somer en son en safier vir my!

Wonder van kleure uitgesprei-
Wat is daar meer wat die dood berowe?

Somer en son en safier vir my!

Hoog oor die water skommel die vinkies
Vol van die vreug van die somerdag:

Bly die gekwetter van klein tinktinkies,
Blyer die son wat goudgeel lag.
Algar wat lewe, algar tevrede,
Hoog op die heuwel en laag op die vlei;

So was dit gister en so is dit hede,
Somer en son en safier vir my!
Heer, Wat die hemel oor my sprei,
Dit is my eerste en laaste bede:

Somer en son en safier vir my!

Roem van mense,  rykdomme, pragte-
Alles vergaan soos die mis op die vlei;

Sterre wat skiet in dikdonker nagte,
Het langer lewe dan roem kan kry.
Boetie, as ons nou ‘n keus moet wae
Hier op die wêreld, wat vra jy?
Roemryke lewe en lengte van dae?
Somer en son en safier vir my!
Boetie, as jy nou jou keus kan kry,
Wat is die wens wat jou hart sal wae?
Somer en son en safier vir my!

6 Responses

  1. Roemryke lewe en lengte van dae, vra die digter. Hmmm … ding wonder nogals wat ding sou vra.

    Ding het al geleer om nie te vra nie – net soms kry manman waarvoor hy vra. Miskien sou ding versigtig waag en fluister: laat die vaalharts deur ding se klein paradysie loop.

  2. Pragtig! Somer en son vir my ook. Alles vergaan soos die mis op die vlei. Geld ja, maar nie goeie herinneringe van somer en son saam met die geliefdes.

  3. Dit is darem net lekker as die somerson so op ‘n mens se lyf skyn!!

  4. Diep seun, jy. Mooi gedig.

  5. Marina, jy is tog so reg!

    ….. Versigtig vir sonsteek hoor!!! …..

  6. wingerdman, dankie vir daai diep nommer. LOL!

    Hoe anders kan ‘n man dan sien en dink hier in die wingerdland?

    Trossie lyk dan vir my ook na ‘n man wat sy gedagte diep kan laat vaar, hehehe, die diep see in.

Leave a Reply