Hier gelees en daar gelees, toe lees ek hierdie ….. (deur Annette Coetzee)
‘n Streep in die middel
watter kant gaan jy trap?
Die lewe is erns, dis gladnie ‘n grap
dis immers ‘n keuse, elkeen kry ‘n kans
Waarom die duisternis – die lig is ook daar;
die twee weë gebaan – is jy alreeds daar?
Die maklikste ding is
om langs die breë weg te rus
maar dan gaan jy die Lewe
in die Ewigheid mis
Waar wil jy wees?
In Sigem se poorte
of gaan jy maar deurdruk
na Bet-el se oorde?
Hy’t vir jou ‘n taak beplan
jy moet jou eie wagtoring beman
Pasop vir die dwaasheid
van mense wat wag
en dan aan die slaap raak
terwyl ander selfs lag
Maar wees voorbereid
met jou lampie gevul
vir wanneer die Leeu van Juda
in die verte gaan brul…
Filed under: Diep dink


