My 8 feite/foute!

Platt, jy speel op die treinspoor. Om vir my te “tag” om 8 dinge oor myself te vertel, is ‘n gevaarlike storie. Miskien sal ek maar net so bolangs krap.

1. Ek het op een stadium van my lewe vir ‘n huurmotormaatskappy in Pretoria gewerk en toe kry ons ‘n groot kontrak van ‘n escort agency en ek het baie keer die “girls” heen en weer vervoer. Ek wou nou eers skryf op en af gery, maar netnou dink julle dis dalk ‘n Freudian glips!

2. Ek eet geen vleserige goed soos tamatie, waatlemoen of spanspek nie.

3. Ek het begin rook toe ek 14 was, het een keer vir 9 maande lank opgehou en toe weer begin, maar sal weer ophou as ek 40 word.

4. Ek kan nie, mag nie brandewyn drink nie, want dan het ek nie brieke nie. Ek drink nou net so af en toe ‘n rooiwyntjie.

5. Ek het in Japan ‘baseball’ gespeel, in die skool se B-span en ons het selfs teen ander lande gespeel.

6. Ek kyk eerder krieket as rugby.

7. Ek is met die maan gepla; volmaan maak my moeilik. Ek wou dit eers nie erken nie, maar hier is dit nou, swart op wit.

8. Ek het een effense bak oor en my ander oor is gewoon, plat.

En dis dit.

7 Responses

  1. Bwahahaha! Jy het ERKEN jy is met die maan gepla!

  2. Hehe! Is dit Sishen se trein wat my gaan ZAP?

  3. Basil, die bak oor – was jy net aan die eenkant stout? (net jou een oor is getrek as jy stout was?)

    Hmmm… jy seker jy is met die maan gepla – dis nie die son wat jou maan pla nie? ghieghieghie…. met ‘n son in jou lewe, is dit net te verwagte dat die maan jou sal omkrap. En dan LAG SY vir jou??? Eisssh – die lewe is unfair!

  4. Ek kan identifiseer met die maan besigheid.

    Hoooooowwwwwwwwwllllllllll!

  5. NR 1 Baie skerp!!
    NR 8 S^e jy dalk baie “hoe s^e???” (grappie)

  6. Ek is ook met die maan gepla! Ek raak slaaploos met volmaan.

  7. Bly om te sien dis nie net ek wat NIE van spanspek hou nie (“and that’s an understatement”!).

Leave a Reply