En hy is nie oppad na Matjiesfontein nie! Ek praat natuurlik hier van Japannese treine.
Mens sal nooit kan dink hoeveel mense daagliks met treine van punt A na punt B ry nie. Soos in meeste ander lande kan mens maandkaartjies koop en met daardie kaartjie kan jy dan in alle rigtings ry. Jy koop die kaartjie volgens die afstand wat jy ry, so dit maak nie saak in watter rigting jy gaan nie.
Daar is so baie treine en almal is ‘n ander kleur. Die groen treine is amper soos ons destydse melktrein wat op elke stasie stop. Net so terloops, daar is hierdie Japanese vrouestem wat jou heeltyd als vertel van die area waardeur die trein ry en sy vertel jou ook van die naaste winkels en wat jy alles daar kan koop en die pryse daarvan. Dit is natuurlik n bonus, maar die toon van die stem is nie altyd so aangenaam nie, om die minste te sê. Dit kan naderhand erg op mens se senuwees begin werk.
Die rooibruin treine is dié wat basies net by die hoofstasies stop en is ook effens vinniger as die groen treine. Hulle sal bv. op Jhb se stasie stop en dan weer in Pta, hulle stop by geen klein stasies nie. Dan is daar natuurlik by die moltreine, Hulle loop vir kilometers en kilometers onder die grond en ek kan nou nog onthou dat hulle nogal vinnig is. Die uitleg daarvan is ook anders as die groen en die rooibruin treine, wat bogronds op die gewone spore loop.
Ek het my verstom die eerste paar kere wat ek so onder die grond met die treine gery het. As mens van die trein afklim, is jy direk binne-in n winkelsentrum. Meeste van die winkelsentrums het vlakke. Omdat die land so oorbevolk is, is daar BAIE sentrums en ook baie mense in hierdie sentrums. Omdat dit nie werklik dag of nag in hierdie sentrums is nie, het dit gereeld gebeur dat ek heeltemal tred verloor het met die tyd. Daar is natuurlik rekenaarspeletjies in hierdie sentrums en as ek praat van speletjie-sentrums, dan praat ek van ‚n area so groot soos een straatblok, waar kinders hulle tyd spandeer aan hierdie speletjies.
En laastens, maar nie die minste nie, is daar die Romanscar en die Bullet trein (shinkansen). Die Romanscar is net n meer opgedolliede trein. Waar die Bullet basies soos ‚n vliegtuig binne lyk, is die Romanscar net meer vyfster. As ek reg onthou dan doen die Bullet n spoed van amper 300km per uur en die Romanscar doen +- 200km per uur.
So, een van die dae het ons mos die Gautrein – wonder of hy hierby gaan kan kers vashou?!
Filed under: Japan




Hier in die Wes-Rand gaan die Gautrein vir ons niks beteken nie, en ek wonder of dit nie geld vir die grootste deel van die Johannesburg/Pretoria bevolking nie.
Baie ooreenkomste tussen die Koreane se treine en die in Japan. Ek sal DV in Feb. bietjie met die Koreaanse blitstrein, die KTX, Seoul toe ry en sien uit daarna om teen so 300km/h voort te blits.
Die moltreine hier is baie skoon, netjies en stiptelik…net BAIE vol (mense).
Jy’t ‘n hoop om nog die Gautrein in hierdie leeftyd te sien loop! *snork*
Boer, voorspoed met daardie 300km/h. Wens ek was jy!!!
Basil, jou ou grapgat!
Die Gautrein! Wil ding vir Krista beaam en byvoeg dat die gedagte glad nie is dat hierdie leeftyd kort is nie!
Aan die eenkant moet ding bieg: ding bid maar eintlik dat daai treintjie nie sy spore haal nie en as hy hulle haal, hoop ding van harte die treintjie gaan nie so ‘n spoed kan haal nie – soos dit in ons mooi land gaan, werk die ding se brieke waarskynlik nie…
Maar jou post is besonder interessant – dankie, man!
Wassie kans op `n Bloemtrein wat loop van Langenhovenpark tot die lughawe in die Rosestad? Seker nie goed nie né, hehe…
Ek weet darem nie so lekker van die trein nie, hier is dan nie eens krag nie….
Basil, jy is ge-Tag!
http://mykopop.wordpress.com/2008/02/04/vat-vyf/
Basil is saam met die trein weg
nee sussa, basil verdwyn nie so maklik nie hoor! LOL!
basil is op ‘n toer – ‘n tipe stoepsit toer. basil sit en kyk of daar nie iemand is wat vir hom ‘n dansie of twee wil doen nie.
die wingerd is reeds geoes da in die vallei, so nou is da baie tyd vi my en trosman op onder die boom te sit en baie eissshh te geniet, verstaan jy?
maar not to worry, so tussen die eisshhh en die vuur is basil nog altyd aan die dink wat om julle volgende te vertel!!!
Mooi storie. Wanneer gaan ons weer Japan toe?