Son …

Ek wil so graag vir jou sê
Dat ek my hart vir jou sal gee
Op ‘n silwer skinkbord en met liefde garneer
Dat ek jou nooit sal verneuk nie
En wil jou saamvat vir vakansies by die see.

Ek wil hê jy moet verstaan
Jy maak my mal, gelukkig en skaam

Ek wil hê dat jy in my oë moet inkyk
En sien hoe ek oor jou voel
Want dis nie altyd maklik om dit te gelyk
Ek is partykeer in my kettings en spinnerakke toegewoel

Ek is bang dat ek jou sal verveel
Bang vir iets kosbaar en breekbaar
Vreesbevang vir ‘n tree in die donker
Dat ek jou hart sal beseer.

Ek wil jou elke dag by my hê
Jou hand vashou in die kerk
En aan jou dink by die werk
Jou beskerm teen pyn en leed
Ek wil he jy moet weet.

- Manie Geldenhuys

8 Responses

  1. En ek wil he jy moet weet
    dat ek nooit sal vergeet
    van die pad wat ons saamgestap het tot hier
    Elke jaar, elke dag, elke uur.

    Hoe die dag ook al verblou
    Ek bly altyd lief vir jou!

  2. Sjoe dis mooi!!

  3. Dis so die beste vir my en my verloofde voor ons troue, klink so of dit amper direk uit my uit kom en stroom na my lelie, my beste en mooiste ander helfte.

    Sonkind se gedeelte pas mooi aan hier bo.

    BRAVO, UITSTEKEND MOOI,

    BAIE DANKIE!!!

  4. Dit is so vreeslik mooi!! Ek wens ek het ook die talent gehand om woorde so mooi te laat klink!

  5. Dis baie mooi!!

  6. I wish i could read and understand Afrikaans. This poem has such great metre, even if I could make out only a few words and such scant meaning. it would be lovely to hear read. G

  7. Gaan jy nou nooit meer niks skryf nie!?

  8. Baie dankie vir die kommentaar, van my ander gedigte is op http://www.woes.co.za onder skrywer naam Hastur.

Leave a Reply