Sing…

SING VIR MY

Sing vir my saggies. Vertel my waar gaan ons heen
Want dis net jy wat die kille nanag,
Gekruisig deur ‘n sterwende son sal kan besweer, wat my soektog na jou liefde sal kan laat verweer

Sing my deur die skemer dood na daar waar die mis ons saam kan weef. Want dis die blou maan wat deur die venster van my hart ‘n waserige soeklig oor jou laat leef.

Sing vir my hoe ek jou hart kan annekseer.
Hoe ek elke gedeelte van jou liggaam , siel, vrese en sal kan beheer. Hoe kortsigtig ook al. Ek vra jou mooi sing vir saggies, sing vir my weer.

Sing vir my oor dit wat jou pla. Wil jy werklik alleen aan alles dra. Want as ek weet sou ek dalk kon verstaan wat alles in jou wêreld omgaan
Sing vir my waar ek moet loop krap waar sal ek iets uit die stowwerige rakke van jou verlede kan haal. Want ek wil iets wys raak iets hoopvol iets wat sin maak

Sing vir my hoe ek jou hart kan annekseer. Hoe ek elke deel van jou liggaam siel en vrese sal kan beheer . Hoe kortstondig ook al. Ek vra jou mooi, sing vir my saggies. Sing vir my weer.

(Petro Roosendal)

2 Responses

  1. Nou wonder ek hoekom tjank ek oor jo post!!! Ai, tog!! Lekker naweeek!

  2. Kierts! OuboetB, en daar roer jy vir Ding amper tot weemoedigheid, jong. Knap gedaan, man!

    Op ‘n heeeeel ander noot, maar kon Ding nie help nie as om te onthou van die terugtog na die weskusverkenning en Sonkind se nagtegaalsang, so spontaan. WAS DIT nou nie heilsaam nie, ja? Ding soos ‘n wafferse DJ wat net die songs se titels uitryg en Sonkind wat sing met jou besonder komplimenterende stem hier en daar daarby – en jy doen “Ou Ryperd” soos ‘n ooooooouuuuu hand :lol:

    Terug by Petro se woorde hierbo:
    “Sing vir my hoe ek jou hart kan annekseer. Hoe ek elke deel van jou liggaam siel en vrese sal kan beheer .”
    Ai ja jai ja jai! Gaan mense net NOOIT leer en aanvaar dat manman nie ‘n ander OOIT kan BEHEER nie??? Anneksasie van ‘n hart lê nie in die verowering daarvan nie, maar in die toelaat en uiteindelike aangee daarvan.

Leave a Reply