Ek is Basil. Oud genoeg om te weet wat ek wil hê en ook oud genoeg om stout te wees as ek wil.
Ek het vir jare in die restaurantbedryf gewerk, maar was so min by die huis, dat ek soms vergeet het hoe my huis lyk. Die afgelope ses maande werk ek in die motorbedryf en werk nou weer menslike ure.
Net, ek is NIE ‘n mechanic nie en ook nie ‘n motorverkoopsman nie. En darem ook nie ‘n petroljoggie nie, as julle dalk vir ‘n oomblik gewonder het! LOL!
My humeur is korter as die kortste lont, maar ek probeer elke dag om nie mense bang te maak nie. Verder is ek ‘n mens wat my eie gedagtes het oor dinge, en luister en glo nie sommer net wat ek hoor nie.
So, dit is wie ek is. Take it or leave it!



Basil, is dit jy of die fotograaf? Die kamera? Makie sakie – ding sien jy stap uit, Swaerie! Gawe prentjie van jou.
En ding wil al anderdag vir jou vertel het jou nuwe voëls lyk self skietbaar so saam met die stoele – skep nogals indruk dat nie net die blog nie, maar die strand ook, Basil s’n is!
Ding, dankie vir die prentjie ene.
Dit is hoeka op daai strand waar Basil sy dinge dink en sy eie gedagtes het oor dinge en dinge.
Ek en sonnie is lief om op daai strand so hand aan hand te stap en diep oor die water te kyk en die sonskyn te geniet.
Basil het mos vir ding en sussa genooi vir daai beste koffie van my, dan kan ons mos so saam – saam op daai strand van ons so gaan stap.
Dit doen mens goed om soms so diep oor die water te kyk.
Ding is mos ook ene wat sy eie gedagtes het oor dinge, dan nie so nie?
Sjoe, ek mis vir Ding.